English
Share on Facebook
Share on Twitter
Share via e-mail
Afrikaans        English      

WIE IS ONS EN WAT IS ONS DOEL


ETA lewer ’n 24/7 aanvanklike geestelike en emosionele ondersteuningsdiens aan sekondêre slagoffers van geweld of trauma op nationaale vlak. Hierdie diens word alleenlik vir Trauma a.g.v. Onnatuurlike dood, soos bv. noodlottige ongelukke; moord; selfmoord, asook ernstige ongelukke; gewapende roof, ens.   finansieel deur sommige inwoners van Rustenburg ondersteun  Alle posttraumatiese  gevalle  word daarna na professionele diensverskaffers, soos bv. pastorale raadgewers; geneeshere; sielkundiges en traumaberaders gefasiliteer. Laasgenoemde diens kan wel finansiële implikasies hê. ETA hanteer dus geensins sosiaalmaatskaplike probleme, soos bv. huweliksberaad, finansiële krisisse,

verhoudingsprobleme e.a. nie.

ONDERSTEUN ETA SE 
ADVERTEERDERS
HULLE HET HANDE 
GENEEM OM HIERDIE
DIENS MOONTLIK 
TE MAAK

Besoek gerus ook www.kruiskrag-efamilie.co.za Hier is ook Bybelstudiemateriaal vir huisselgroepe beskikbaar.

ENKELE STATISTIEKE VIR

KENNISNAME

PADONGELUKKE:

Die getal padongelukke in die Republiek van Suid-Afrika

is nog steeds besig om te styg. Meer as 14,000 mense

sterf  oor ’n periode van ’n jaar. Dit is die hoogste in die

wêreld, as dit in aanmerking geneem word dat dit meer as

200 sterftes per 100,000 voertuie is. Van die hoofredes is ongelisensieerde voertuie; bestuurders met geen bestuurs-lisensies nie; oorlaaide en onpadwaardige voertuie; motoriste onder die invloed van alkohol, en ongeduld.

ETA gee hiermee erkenning vir die S.A.P. vir hul opoffering, en soms uiters gevaarlike diens wat hulle vir ons gemeenskap lewer.  Ons respekteer elke lid.

SELFMOORD:


Volgens ’n berig in Die Beeld koerant van 15 September 2014, is die getal selfmoorde in

Suid-Afrika die agtste hoogste in die wêreld. Dit is op grond van die statistiek van

Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestes-gesondheid (SAFMH) gebaseer.

Ongeveer 8,000 mense pleeg per jaar selfmoord . Dit is die derde hoogste syfer

vir onnatuurlike dood in die land. Die tragiek is dat vanuit 230 pogings tot selfmoord,

slaag 23 persone! Dit laat geweldige groot emosionele letsels na op die agtergeblewendes.

Selfmoord onder die studente van ons universiteite is die tweede hoogste sterftes

onder studente in die wêreld.


MOORD EN GEWELD:


Die gevalle van moord het vanaf 15,609 moorde in 2011/12 tot 16,259 in

2012/13 toegeneem. Dit beteken in effek moorde het gemiddeld vanaf

43 moorde tot  45 moorde per dag in die Republiek van Suid-Afrika       

toegenedings het vanaf  64,514 tot 66,387 toegeneem. Dit is 127,0                                                     

gevalle vir elke 100,000 inwoners.

GEWAPENDE ROOF:


Rooftogte in strate en publieke plekke was gedurende

2012/13  60,262 gevalle. Huisinbrake was gemiddeld

49 huishoudings per dag! Daar was 9,990 skakings

van voertuie gedurende 2012/13.

ERNSTIGE SIEKTE: HART EN HARTVATSIEKTES:


                     Gemagtig deur “The Heart and Stroke Foudation S.A. (HSFSA)” het die

                      Mediese Navorsingsraad (MRC), die volgende verslag bekend gemaak,

                     wat bekragtig is deur Prof. Krisela Steyn, van die Universiteit van Kaapstad

                      se Mediese Fakulteit:  Gedurende die tydperk 1997 – 2004  het gemiddeld

                      195 mense per dag aan een of ander hartsiekte (Kardio-vaskulêre gevalle)

                      gesterf. Die verwagting is dat mense in die werkende groep tussen

                      35 – 64 jaar se sterftesyfer met meer as 41% tussen 2007 tot 2030

gaan toeneem. Verskillende soorte kankers eis ook sy tol.

DOOD VAN GELIEFDES:


Gedurende die jaar 2014 het 551 389 iinwoners van Suid-Afrika gesterf. Baie het skielik tragies op ’n  onnatuurlike wyse gesterf.

U SIMPATIEKE ONDERSTEUNING SAL BAIE HOOG OP PRYS GESTEL WORD.




WERKSWYSE


ETA lewer ter ondersteuning ’n onmiddellike diens direk na een of ander traumatiese gebeure, aan die individu en/of familie wat trauma ervaar. Dit is bv. om die betrokke nuus, na ’n tragiese insident met groot omsigtigheid oor te dra. Dit word met die bystand van professionele persone, so ver moontlik, gedoen.   Dit is m.a.w. ’n organisasie wat op ’n simpatieke, ondersteunende oorbruggingsdiens aan die betrokkenes lewer, met verdere professionele ondersteuningsdiens van die betrokke individu of familie se eie persoonlike keuse, bv. die kerk

of sielkundige diens van hul voorkeur.



DIE BESTUUR


DIE STATUS VAN ETA.

ETA is ’n nie-winsgewende, onafhanklike organisasie. Dit sal voortbestaan, ongeag van moontlike verandering in sy Raad van Direkteure.

ETA word soos volg bestuur:


1.    RAAD VAN DIREKTEURE:

1.1. Die Raad van Direkteure bestaan uit ’n minimum van drie lede, en is verantwoordelik

       vir die administrasie. Hulle is tans:

       Ds. C.R. Mostert (Voorsitter).

       Ds. H.J. Coetzer (Vise-Voorsitter).

       Mnr. D. Farmer

       Mnr. C. Nienaber

       Mnr. H.F. van Wyk.

       Mnr. W.J. Steyn.

1.2. Die Raad van Direkteure staan aan die bestuur van ETA se administrasie, en  dien as        die uitvoerende gesag.

1.3. Daar sal notules by die vergaderings gehou word.


2.    DIE ADMINISTRATIEWE KOMITEE:

2.1. Lede van die Administratiewe Komitee word aangestel deur die Raad van Direkteure.

2.2. Die uitvoerende Administratiewe Komitee bestaan uit die volgende:

       Administratiewe Bestuurder:

       Ds. H.J. Coetzer.

       Operasionele Bestuurder:

       Ds. C.R. Mostert.

       Sekretariële Koördineerder.

       Finansiële Koördineerder.

       Opleiding Koördineerder.

       Die betrokke komiteelede sal taakomskrywings van die Raad van Direkteure ontvang.

       Die komitee sal gereeld soos deur die Raad van Direkteure besluit is, vergader. Notules

       sal by die vergaderings gehou word.


3.    RAAD VAN PROFESSIONELE DIENSTE:

       Dit is persone wat ’n roeping op hul lewens het. Hulle beskik oor die nodige amptelike        kwalifikasies om hul beroepe te beoefen soos bv.  Sielkundiges,trauma beraders,        maatskaplike werkers, leraars, pastore, ens. Uit hierdie professionele kundiges sal ’n

       raad saamgestel word.


4.    FINANSIES:

       Die generering van fondse vir hierdie diens van ETA, sal soos volg geskied:

       ETA sal befonds word deur donasies, inkomste uit advertensies, asook        fondsinsameling soos deur die Administratiewe Komitee besluit. Alle vorme        vanfondsinsameling sal deur die Raad van Direkteure bekragtig word.

       Alle vorme van inkomste sal in ETA se bankrekening geplaas word. Amptelike        kwitansies sal daarvoor uitgereik word. Die finansiële jaar sal vanaf die eerste van

       Maart tot die einde van Februarie die daarop volgende jaar strek. Die finansiële state

       word jaarliks deur mnr. W. J. Steyn ge-oudit .

       ETA kan voltydse, asook deeltydse persone in diens vergoed. Elke werknemer sal 'n        dienskontrak ontvang en teken.Die inkomste en moontlike eiendom van die        organisasie is nie verdeelbaar onder sy lede of ampsdraers nie, met uitsondering van ’n        redelike vergoeding vir dienste gelewer.Lede of ampsdraers het geen regte op die        eiendom of ander bates van die organisasie nie.


5.    VRYWARING:

       Die Direkteure, die Administratiewe personeel, asook lede van die Professionele        Dienste sal nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir enige Selfmoord onder die        studente van ons universiteite is die tweede hoogste sterftes onder studente in die        wêreld. verlies gely deur enige persoon, as gevolg van 'n daad van versuim wat in goeie        geloof plaasvind het, terwyl sodanige ampsdraer,direkteur of lid funksies vir of namens        ETA verrig het nie. U bydrae help meer mense wat in geestelike en emosionele spanning        verkeer, om sodoende deur hierdie diens betekenisvol en met toewyding versorg te

       word. Gesamentlik reik ons dus  uit met ondersteunende hande.

      

  DIE BANKBESONDERHEDE IS:


  ETA

  CAPITEC BANK

  REKENING NR. 1418784654

  TAKKODE 470010

  VIR VERDERE NAVRAE OF AFSPRAKE:

  Ds. Chris Mostert 0825551946





MISSIE:


Dit is die implemetering van ’n


KONTAK : DS CHRIS MOSTERT
OM JOU ADVERTENSIE OP 
DIE BLAD TE SIT
082 555 1946

U SIMPATIEKE ONDERSTEUNING SAL

BAIE HOOG OP PRYS

GESTEL WORD.

VIR VERDERE NAVRAE :

Ds. Chris Mostert 0825551946